Katastrofe in Kherson, Oekraïne kort hulp

Oekraïne se President Volodymyr Zelensky sê dit was onmoontlik om te voorspel hoeveel mense in Kherson weens die oorstroming sou sterf. Ontruiming gaan voort in gebiede in die suidelike Kherson-streek waar Oekraïne in beheer is. Die gebied steier tans onder oorstromings nadat die Nova Kakhovka-dam ineengestort het. Drie mense is volgens onbevestigde berigte dood. Zelensky het die situasie as katastrofies beskryf en die internasionale gemeenskap se ondersteuning gevra om die slagoffers te help.