Nam-akkerbouers produseer genoeg van 11 gewasse en grense sluit

Die Namibiese Akkerbouraad het die grense vir die invoer van 11 akkerbou-produkte tot 30 Junie gesluit om Namibiese produsente te beskerm wanneer daar voldoende plaaslike voorraad is. Namibiese grense is egter geopen vir wortels, gewaste aartappels, waatlemoene, spanspekke en spinasie. Pro-rata invoere geld vir 20 persent beet tot 15 Junie, 10 persent konfyt-tamaties, 40 persent soetmielies en 30 persent Iceberg-blaarslaai. Die grense is toe vir botterskorsie, kool, komkommers, soetrissies uie, skorsies, pampoen en patats sowel as kersie- en ronde tamaties. Dit beteken Namibiese produsente lewer genoeg vir plaaslike vraag wat uitstekende nuus is vir die land se akkerbou-bedryf.