Ruud gesels oor sy kragmeting met Zverev

Die vierde gekeurde Casper Ruud en Alexander Zverev sal sake uitspook in die halfeindronde van die Franse Ope. Die Noorweër het die Deen, Holger Rune, met 6-1, 6-2, 3-6 en 6-3 afgeransel om vir die tweede agtereenvolgende jaar sy plek onder die laaste vier te bespreek. Die Duitser, Zverev, het Tomas Martin Etcheverry van Argentinië met 6-4, 3-6, 6-3 en 6-4 verslaan om die derde agtereenvolgende seisoen die halfeindronde in Parys te haal. Ruud, wat verlede jaar se naaswenner was, sê hy is tevrede met sy huidige spelpeil:  

Die wêreld se nommer een, Carlos Alcaraz van Spanje, sal môre in die ander halfeindwedstryd teen die 22-malige kampioen van Serwië, Novak Djokovic, kragte meet.