124 vas in Mei vir N$3,24m se dwelms

Die Namibiese polisie sê hy het 124 verdagtes vir die besit en handel in dwelms ter waarde van 3,24 miljoen Namibiese dollar gearresteer. Onder die verdagtes is 119 Namibiërs, twee Kongolese, ‘n Angolese burger, en ook een van Zimbabwe en Zambië. Dagga het weereens die beslagleggings oorheers met amper 2,9 miljoen dollar se dagga wat gekonfiskeer is. Mandrax ter waarde van amper 175 000 dollar sowel as kokaïen, beide stukkies en poeier ter waarde van 186 000 dollar, is ook gevind. MDMA, ‘n bestanddeel vir metamfetamien ter waarde van 500 dollar is op beslag gelê.