Taakmag saamgestel vir uitlewering van die Gupta-broers

Die Suid-Afrikaanse departement van justisie sê hy het ‘n gesamentlike taakspan met amptenare van die Verenigde Arabiese Emirate aangestel, in ‘n poging om Rajesh en Atul Gupta aan Suid-Afrika uit te lewer. Minister Ronald Lamola het Maandag met sy eweknie in daardie land vergader om Suid-Afrika se uitleweringsaansoek wat in April misluk het, te bespreek. Die Gupta-broers word gesoek in verband met aanklagte wat bedrog en korrupsie insluit. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die gesamentlike taakspan sal volgende Donderdag vergader om nuwe uitleweringaansoeke vir die broers voor te berei: