Katti se Kombat dalk gevrywaar van N$29m kragskuld

Die Engelse dagblad, The Namibian, berig dat NamPower se uitvoerende hoofde voorgestel het dat die skuld van 29 miljoen Namibiese dollar van die sakeman Knoweldge Katti vir Kombat afgeskryf moet word. Volgens die berigte is die uitvoerende direkteur in die sportministerie, Erastus Haitengela ook by Kombat betrokke. Die koerant sê die raad het Woensdag ‘n noodvergadering oor die kwessie gehou. Die nuus kom te midde van beurtkrag wat veral in die Suide toegepas word as gevolg van uitstaande skuld.