Dr. Riruako sê hy werk reeds vir Ovaherero-gemeenskap

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds vir die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni om aan te kondig wie as die Ovaherero-opperhoof erken moet word met professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako wat albei om die top-leiersposisie in die owerheid meeding. Dr. Riruako is ‘n broerskind aan moederskant van wyle opperhoof Kuaima Riruako, wat in 2014 gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Hoze Riruako gesels wat hy die afgelope drie maande verrig het.