Kankervereniging se staptog vanjaar op 1 Julie

Dit is byna tyd vir die jaarlikse Kankervereniging van Namibië se nasionale kanker-staptog wat op Saterdag, 1 Julie op verskeie dorpe landwyd sal plaasvind. Fondse wat ingesamel word is ter ondersteuning van die kankerpasiëte-vervoerprogram wat kankerpasiënte met vervoerkoste kan bystaan om Windhoek te bereik vir hul behandeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging gesels…