Kaapse toegang tot voorkeurmarkte in VSA word bedreig

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê die provinsiale regering se toegang tot voorkeurmarkte in Amerika word bedreig. Winde het in Stellenbosch met provinsiale verteenwoordigers uit die landbousektor vergader. Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir meer as 50-persent van die belangrikste nasionale uitvoer van landbouprodukte na die VSA. Die premier lei vandeesmaand ‘n provinsiale afvaardiging van die Wes-Kaap op ‘n amptelike besoek aan Amerika.