De Ruyter se aantygings vandag onder bespreking

Die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge vergader vandag met die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, en polisiebrigadier, Jap Burger. Die vergadering sal André de Ruyter se bewerings van korrupsie, diefstal, wanadministrasie, sabotasie, gebrek aan gevolge, kartelle en finansiële onregmatighede bespreek. Burger is deur Masemola aangewys as De Ruyter se kontakpersoon in die polisie. Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom het in Februarie tydens ‘n televisieonderhoud beweer Eskom is deurspek met korrupsie en dat die ANC die staatsbeheerde instelling plunder.