LIV & PGA: Beroepe dat Monahan bedank

‘n Aantal spelers vra na berig word dat die PGA-toerkommissaris, Jay Monahan bedank. Die PGA-toer, DP World-toer en LIV-gholf het die sportwêreld geskok toe hulle aangekondig het hulle gaan saamsmelt. Monahan het ure na die aankondiging met sowat 100 spelers vergader wat aan die Kanadese Ope gaan deelneem. Spelers is volgens berigte nie vooraf oor die ooreenkoms geraadpleeg nie. Intussen sê Amnestie Internasionaal die samesmelting is nog ‘n bewys van Saoedi-Arabië se pogings om aandag van sy menseregte-rekord weg te lei.