Oorvol klasse maar, talle werklose onderwysers

Die uitdagings met onderwys in die verre noordooste van die land is reeds ‘n geruime tyd bekend met ‘n tekort aan skole, klaskamers by gevestigde skole, koshuise en onderwysers. Nou het ‘n groep gekwalifiseerde Namibiese onderwysers in die Kavango Oos-streek opgeruk omdat hulle nie aangestel is nie en tans werkloos is. Sommige skole het volgens berigte tot 100 leerders in ‘n klaskamer. Die voorskrifte beperk leerders tot 35 per klas. Hulle meen dis ‘n ope geheim dat meeste van die werklose gegradueerdes, onderwysers is en dus neem die regering nie opvoeding of jeugwerkloosheid ernstig op nie.