Duitse verbod op jagtrofeë sal bedryf op sy knieë dwing

Daar heers groot kommer in die Namibiese jagbedryf oor ‘n moontlike verbod in Duitsland oor die invoer van jagtrofeë. Die Duitse mark is uiters belangrik vir Namibië, beide vir toerisme en die jagbedryf. Duitsers beslaan 36 persent van die land se trofeejagters gevolg deur die VSA op 19 persent en Oostenryk op 7 persent. Talle besighede maak staat op die bedryf en taksidermie, wat ook redelike groot werkverskaffers is, een van die sektore wat hard geraak sou word met so verbod. Kosmos 94.1 Nuus het met Silke Bean van Ingwe Wildlife Art het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.