FBI-agent wat Russiese spioen was, dood in sy sel gevind

‘n Voormalige FBI agent wat vir Rusland gespioeneer het, Robert Hanssen, is dood aangetref in sy tronksel by ‘n maksimumsekuriteitsgevangenis in Florence, Colorado. Die 79-jarige Hanssen het meer as  27 miljoen Namibiese dollar in kontant, diamante en Rolex-horlosies ontvang in ruil vir hoogs geklassifiseerde inligting oor nasionale veiligheid wat hy aan die Sowjetunie en later Rusland oorhandig het. Hy het verklaar dat geld eerder as ideologie hom gemotiveer het. Hy is in 2020 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir spioenasie. Hy is vermoedelik aan natuurlike oorsake dood.