Damme raak al hoe leër

Die drie sentrale damme is op die oomblik gesamentlik 35,1 persent vol. Volgens NamWater se jongste dambulletin, is Von Bachdam 23,4 persent vol teenoor 50,6 persent dieselfde tyd verlede jaar. Swakoppoort is 67,9 persent vol en pomp nog steeds water oor na Von Bach, met die Omatakodam wat dolleeg is. In die Ooste staan die totale damvlakke op agt persent met die Otjiverodam wat 10,1 persent vol is. In die Suide is die Hardapdam is 36,8 persent vol vergeleke met 68 persent verlede jaar. Die dam is uiters belangrik vir die Hardapboere en in die afgelope sewe dae is net meer as 1,17 miljoen kubieke meter water onttrek. By Keetmanshoop is die Nautedam 62 persent vol en Oanob by Rehoboth staan op 58,5 persent, vergeleke met 79,6 persent verlede jaar.