Gautengse gesondheidsdepartement onderbestee begroting

Die DA in Gauteng sê ondanks reuse-behoeftes kon die provinsiale gesondheidsdepartement nie daarin slaag om ‘n yslike 2,7 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy begroting in die 2022/23-boekjaar te bestee nie. Die jaar het op 31 Maart afgesluit. Die inligting is op ‘n vergadering van die oorsigkomitee vir gesondheid bekend gemaak. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê die meeste van die onderbesteding was in die begroting vir gesondheids-infrastruktuur, waar 550 miljoen rand nie bestee is nie ten spyte van die vervalle toestand van openbare hospitale.