Kaapenaars moet gelukbringer teen rommelstrooi doop

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, doen ‘n beroep op inwoners om te stem vir ‘n naam vir die stad se nuwe gelukbringer teen rommelstrooi. Die name op die kortlys wat saamgestel is uit die publiek se voorstelle, is Bingo, Binny, Nolitha en Phyllis-blik. Inwoners kan tot volgende Donderdag stem. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê sodra daar op ‘n naam besluit is, sal die gelukbringer op ‘n veldtog vertrek na openbare geleenthede, skole, skoonmaakgeleenthede deur die gemeenskap, winkelsentrums en besige kruisings reg oor die stad: