Een vrou, drie Angolese onder sterfgevalle in Nam-tronke

Plaaslike berigte lui dat 31 gevangenes in agt fasiliteite regoor die land tussen 2021 en die eerste kwartaal van vanjaar dood is. Windhoek het die hoogste sterftes op tien. Net een vrou was onder die sterfgevalle met drie Angolese burgers wat ook in Namibiese tronke dood is. Die Korrektiewe Diens sê siekte en natuurlike oorsake is in die meerderheid van gevalle as oorsaak van dood bepaal. In die geval van ‘n sterfte in ‘n tronk, voorsien die staat die doodskis en vervoer van die oorskot maar, indien die gevangene dood is as gevolg van ‘n ongeluk, moet die staat die koste van die begrafnis dra.