Beurtkrag gedeeltelik opgehef, meer eenhede is aanlyn

Eskom gaan hierdie week beurtkrag afskaal danksy ‘n verwagte laer aanvraag en meer beskikbare opwekkingskapasiteit. Beurtkrag is vyf-uur vanoggend opgeskort tot vier-uur vanmiddag. Fase vier sal dan begin en tot môreoggend vyf-uur duur, gevolg deur fase een tot vier-uur môremiddag. Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê oor die afgelope 24 uur is ‘n opwekkingseenheid elk by Kendal, Kriel en Matla en twee opwekkingseenhede by die Lethabo-kragstasies weer in gebruik geneem: