Openbaarmaking van partyfinansiering in SA verwelkom

My Vote Counts, ‘n nie-winsgewende organisasie in Suid-Afrika wat hom vir deursigtigheid en aanspreeklikheid in politieke party-finansiering beywer, het die vrystelling van die Verkiesingskommissie se verslag oor politieke partye se openbaarmaking tussen Januarie en Maart verwelkom. Volgens die verslag is meer as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand verklaar. ‘n Navorser by My Vote Counts, Robyn Pasensie, sê Suid-Afrikaners moet die reg hê om partyfinansiering te ondersoek. Sy sê deursigtigheid is deurslaggewend vir die bevordering van aanspreeklikheid: