Noorde-boere moet moderniseer, produkte verwerk

Adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah sê kommunale boere moet kommersialiseer om sodoende by te dra en die land se ekonomie ‘n hupstoot te gee. Sy sê dit is deur moderne en veerkragtige landbou dat die land voedselonsekerheid en hoë werkloosheid sal kan aanspreek. Terwyl tradisionele kudde belangrik is vir gemeenskappe in die Noorde moet die landbou-bedryf daar uitgebrei word en die prosesse gemoderniseer word. Die landbouminister Calle Schlettwein, sê hy stem saam en sê boere en gemeenskappe moet saam staan om ‘n waardeketting te bou. Hy sê 80 persent van inkomste word deur verwerkte produkte ingewin terwyl basiese produksie net 15 persent beslaan. Die twee het by die Omaludi-fees, ‘n tradisionele jaarlikse beesskou wat deur die Okongo-dorpsraad aangebied word, gepraat.