Namibian Lives Matter sal Chobe-skietery verder vat

Die Namibian Lives Matter-beweging sê dit is skandelik dat amper ‘n jaar verby is en die verslag oor die grens-verdrag tussen Namibië en Botswana is nog nie bekend gemaak nie. ‘n Parlementêre staande komitee het reeds in Julie verlede jaar die kwessie by die Chobe-rivier ondersoek. Dit volg na druk na die skietdood van drie Namibiërs en hulle neef in November 2020 deur Botswana se soldate. Die buurland se hof het bevind die soldate binne hul regte was terwyl die beweging aanvoer die familie het net vis gevang. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti, een van die leiers van beweging gesels, wat die pad vorentoe deel…