Windhoek het uiteindelik ‘n baas, na amper drie jaar

Stad Windhoek het uiteindelik ‘n hoof uitvoerende beampte – die eerste vaste aanstelling sedert November 2020 toe Robert Kahimise die pos verlaat het. Na ‘n chaotiese en kontroversiële werwingsproses, is Moses Matyayi aangewys as die nuwe hoof uitvoerende beampte vir Stad Windhoek na die Paaie-owerheid se hoof, en eerste keuse op die kortlys, Conrad Lutombi die aanbod van die hand gewys het. Matyayi sal die pos vanaf 1 Augustus 2023 beklee. Matyayi is tans die uitvoerende hoof van die Otjiwarongo-munisipaliteit. Windhoekse burgemeester Joseph Uapingene het Matyayi se aanstelling by die stad se maandelikse vergadering aangekondig…