Bekende sjef Francois Ferreira sterf

Die bekende Suid-Afrikaanse sjef, skrywer en mediapersoonlikheid, Francois Ferreira is by sy huis in George in die Suid-Kaap oorlede. Hy was 62. Ferreira het sy loopbaan in die lugmag begin waar hy ‘n dosent by die lugdiens se kookskool in Valhalla in Pretoria was. Hy was onder meer die hoof van die huishouding van die destydse eerste minister PW Botha, en later die van President FW de Klerk. Hy was daarna onder meer konsultant in die gasvryheidsbedryf en het in 2004 sy eie opleidingskool vir sjefs in George begin.