Russiese ‘spioen’ word beskerm, aktiviste het kommer oor salm-boere

’n Vermeende voormalige Russiese spioenwalvis is langs die kus van Swede en Noorweë opgemerk. Die beluga-walvis, Hvaldimir, is hondmak en bekoor op die oomblik talle vissermanne in die gebied deur na vis by hul vaartuie te vry. Hvaldimir is in 2019 vir die eerste keer in die gebied opgemerk met ‘n Russiese harnas aan wat ‘Eiendom van St. Petersburg’ op gedruk het en ‘n kamera het. Beluga-walvisse en dolfyne word reeds jare lank deur beide Rusland en die VSA benut vir intelligensie en spioenasie en die Noordelike Vloot van Rusland is ongeveer 415 kilometer van die gebied in Murmansk gesetel. Die bewaringsorganisasie OneWhale het vrywilligers gemobiliseer om Hvaldimir te beskerm, veral teen die salm-boere in die gebied. Sebastian Strand het met die media gepraat.