Lewenskostes en arbeidsonrus – plaaslike kenner sê

Namibië se repo-koers staan op 7,25 persent, maar die koers sal beslis verhoog word wanneer die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee vergader. Die repo-koers in Suid-Afrika is nou op 8,25 persent 100 basispunte hoër as Namibië s’n. Die prima uitleenkoers in die buurland staan nou op 11,75 persent, net 75 basispunte voor Namibië s’n op 11 persent. Die inflasiekoers is hoofsaaklik gevorm deur brandstof-, elektrisiteit- en voedselprys-inflasie, wat dit moeilik maak vir mense om te oorleef. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Herbert Jauch ‘n gesels oor of hy arbeids-onrus sien namate die druk op huishoudings toeneem…