WGO-hoof sê meer moet in Namibië gedoen word vir primêre gesondheidsorg

Die uittredende Wêreldgesondheidsorganisasie se verteenwoordiger in Namibië, Charles Sagoe-Moses, sê Namibië moet meer gesondheidspersoneel aanstel om primêre gesondheidsorg te verseker. Sagoe-Moses het tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis gesê Namibië moet in gemeenskaps-gesondheidswerkers op voetsoolvlak belê. Hy sê daar is ‘n behoefte om voort te gaan om die gebied van oordraagbare siektes, epidemiese voorkoming, paraatheid en reaksie te versterk, maar die Covid-pandemie het Namibië meer voorbereid gemaak om byna enige uitbreking aan te spreek. Die WGO het onlangs die gesondheidsministerie met meer as 51 miljoen Namibiese dollar bygestaan om nood-gesondheidsorg te versterk. Hy het Namibië geloof vir die afname in moeder-sterftesyfers, sedert 2008 polio-vry is en die stryd teen hepatitis E gewen.