Stad Kaapstad stuur plan van stapel om polisie met misdaadbekamping te help

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad stel hulpbronne vir misdaadvoorkoming in brandpunte beskikbaar om die polisie in die stryd teen misdaad by te staan. Hy voeg egter by dat baie meer bereik kan word indien polisiemagte afgewentel word. Hill-Lewis sê misdaad bly oral onaanvaarbaar hoog, maar die vierde kwartaal se misdaadsyfers is op ‘n kwartaal tot kwartaal basis bemoedigend. Kaapstad se polisiestasies is onder die top-30 in die land waar ‘n afname in moord en kontakmisdaad voorkom: