Noord-Korea se militêre-satelliet misluk

Noord-Korea sê sy poging om die land se eerste spioenasiesatelliet te lanseer, het misluk. Dit volg nadat die nuwe satelliet in die Wes-see neergestort het nadat die enjin abnormaal aangeskakel en daarna krag verloor het. Die lansering het tot ‘n vals alarm in die Suid-Koreaanse hoofstad Seoel gelei terwyl Japan ‘n waarskuwing aan Okinawa se inwoners uitgereik het. Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, het die ontwikkeling van militêre satelliete geïdentifiseer as ‘n belangrike deel van sy land se verdediging.