Khoi-San-wette ongeldig, parlement het fouteer

Die Suid-Afrikaanse parlement sê hy aanvaar die Konstitusionele Hof se beslissing dat die nuwe Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap onwettig is. ‘n Groep onder leiding van die grondaktivis, Constance Mogale en die Land Access Movement of South Africa het die wet uitgedaag en aangevoer dit bring ook ander veranderinge mee wat byvoorbeeld ‘n negatiewe uitwerking op houers van grondregte het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die hof het bevind die parlement het nie sy grondwetlike verpligting nagekom om openbare betrokkenheid toe te laat voordat die wet deurgevoer is nie: