Onwettige leerder-vervoer in Wes-Kaap moet aangemeld word na 5 kinders sterf

Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Ricardo Mackenzie, het ‘n openbare oproep gedoen waarin hy die publiek versoek om alle onwettige of onveilige leerdervervoer-operateurs by die Verkeersdepartement aan te meld. Dit volg ná gister se botsing in Mitchells Plain, Kaapstad, waarin vyf leerders dood is toe die bakkie waarin hulle gery het ‘n verkeerslig getref het. Twee leerders is beseer. Mackenzie het die belangrikheid van behoorlike registrasie en lisensiëring vir leerdervervoer-operateurs beklemtoon: