Een dood, 50 vermis ná boot in Ghana omslaan

Een persoon is dood en 50 word vermis nadat ‘n boot op die Swart Volta-rivier in Ghana omgeslaan het. Die direkteur van die rampbestuurs-organisasie in die gebied sê die boot was met passasiers sowel as goedere oorlaai, toe dit ‘n boomstomp in die rivier getref en omgeslaan het. Die gebied word as onbereikbaar beskryf, wat die reddingspoging bemoeilik.