Ondersoek begin na oorsprong van cholera

Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie sê ondersoeke is aan die gang om die oorsprong van die cholera-uitbreking in die land vas te stel. Die siekte het reeds 24 lewens geëis waarvan 23 in Gauteng se Hammanskraal-gebied was en een in die Vrystaat. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê alhoewel hulle steeds die oorsprong probeer bepaal, vermoed deskundiges dit hou verband met waterbesoedeling.