Nanso gee terugvoering oor veilige studente-vervoer

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het ‘n projek aangepak om vervoer aan universiteitstudente te verskaf. Studente wat hul tersiêre onderrig by universiteite soos Unam, Nust sowel as IUM volg, word soms aan gevare blootgestel wanneer hulle vroegoggend of laat in die aand van openbare vervoer gebruik maak. Nanso-woordvoerder Dorothea Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe die program verloop….