Bosa kla regering van nalatigheid aan ná kleuter sterf

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, gaan ‘n aanklag van strafbare manslag teen die regering indien vir nalatigheid. Dit volg op die dood van ‘n drie-jarige kleuter van Bromhof, Johannesburg, na bewering weens ‘n kragonderbreking. Die woordvoerder van Bosa, Sbu Zondi sê die party het reeds vroeër die maand ‘n hofbevel verkry dat die regering ononderbroke krag moet voorsien aan hospitale, skole en polisiekantore.