Polisie in Nicaragua ondersoek geldwassery in Katolieke Kerk

Die polisie Nicaragua ondersoek verskeie bisdomme van die Katolieke Kerk vir geldwassery, nadat plaaslike media berig het dat die bankrekeninge van gemeentes in die land gevries is. Die polisie, lojaal aan die regering van President Daniel Ortega wat hewig met Nicaragua se biskoppe gebots het, sê dat hulle sedert 19 Mei honderde duisende dollar in kerke in verskeie dele van die land gevind het. Die polisie sê die bankrekeninge is gekoppel aan kerkleiers wat skuldig bevind is aan hoogverraad en ander misdade, en dat die ondersoeke bevestig het dat die fondse die land onreëlmatig binnegekom het. Die polisie bevestig ook ander onwettige aktiwiteite, wat steeds ondersoek word as deel van ‘n geldwassery-netwerk wat in die bisdomme ontdek is.