Venaani: Hoër kragtariewe vererger benarde ekonomiese situasie

Die Popular Democratic Movement-leier, McHenry Venaani, sê die verhoging in elektrisiteitstariewe sal net die haglike ekonomiese situasie waarin talle Namibiërs hulself bevind, vererger en diegene benadeel wat reeds die gordels stywer moet trek. Dit volg nadat die Elektrisiteits-beheerraad ‘n verhoging van 8,97 persent in elektrisiteitstariewe vir die huidige boekjaar goedgekeur het. Kosmos 94.1 Nuus het met Venaani gepraat wat sê elektrisiteit is ‘n noodsaaklikheid, veral in die koue wintermaande.