Ramaphosa gaan cholera-gebied besoek

President Cyril Ramaphosa sê hy gaan die inwoners van Hammanskraal in Tshwane besoek na die cholera-uitbreking in die gebied. Ramaphosa het Saterdag gepraat tydens die ANC se nasionale werkskomitee se besoek aan Noordwes. Hy sê die minister van water en sanitasie Senzo Mchunu en die minister van gesondheid Joe Phaahla hanteer die saak wat groot kommer veroorsaak.