Cholera: Nóg twee sterfgevalle in Hammanskraal

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het bevestig dat die dodetal weens cholera tot 24 gestyg het. Nog twee mense is in Hammanskraal in Pretoria-Noord daaraan dood. Die woordvoerder, Foster Mohale doen ‘n beroep op die publiek om by gesondheidsorgfasiliteite aan te meld indien hulle cholera-simptome ervaar.