Regstappe kom oor Skoolvoedingsprogram in KZN
Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, kry tans ‘n regsmening oor moontlike stappe teen die onderneming wat aanspreeklik was vir die nie-aflewering van voedsel aan skole in die provinsie. Dit is deel van die Nasionale Skoolvoedingsprogram. Skole het ná die Paasvakansie ontdek die diensverskaffer het nie die bepalings van die kontrak met die departement van onderwys nagekom het nie. Die premier se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê ‘n ministeriële komitee is gestig om die program se uitdagings te hanteer.