Aanhitser van aanval op Kongresgebou 18 jaar tronk toe
Die stigter van die verregse groep, Oath Keepers, is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir sameswering om mense tot geweld aan te hits in die 6 Januarie-aanval op die Amerikaanse Kongresgebou. Stewart Rhodes se vonnis is die langste wat tot dusver opgelê is aan ‘n verweerder in die Kongresgebou-aanval. Regter Amit Mehta het met aanklaers saamgestem dat Rhodes sy volgelinge tot geweld aangehits het en dat sy optrede voldoen aan die regsdefinisie van terrorisme. Rhodes sê sy enigste misdaad is om diegene teen te staan wat besig is om Amerika te vernietig.