Netbal: Wêreldbeker-trofee kom vandag in Durban aan
Netbal Suid-Afrika se president, Cecilia Molokwane, en uitvoerende hoof Blanche De La Guerra, kom vanmiddag uit Londen by die Koning Shaka Internasionale Lughawe in Durban aan met die Wêreldbeker-trofee. Die trofee sal landwyd vertoon word in aanloop tot die kompetisie wat van 28 Julie tot 6 Augustus in Kaapstad plaasvind. Sestien lande, insluitend Suid-Afrika, sal by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum deelneem.