Ekonomiese bevryding die strewe vir Afrika

President Hage Geingob het vandag by die Afrikadag-vieringe en 60ste herdenking van die Afrika-unie ‘n oproep tot aksie aan lidlande gedoen om pogings vir ekonomiese bevryding en welvaart te verdubbel. Die tema van vanjaar is “Deepening the African Union Vision for Unity for Africa through Prosperity, Peace and Modernity for a Better Africa and a Better World”. Die dag fokus op die vasteland se ontwikkeling, streeks-integrasie, geleenthede wat deur die vasteland se vrye handelsooreenkoms gebied word, en Afrika se menslike, kulturele en natuurlike skatte. Geingob se toespraak is in die Parlementstuine in die hoofstad deur die minister in die Presidensie, Christine Hoebes voorgelees.