SAPD-lede toets positief vir cholera
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die bestuur het begin om gebottelde water aan studente by die SAPD se Opleidingsakademie in Hammanskraal, Tshwane, af te lewer. Dit volg op cholera-sterftes en besmettings in die gebied. Amptenare van die departement van gesondheid het verlede week sowat 71 studente vir cholera getoets. Die polisiewoordvoerder, Mathapelo Peters, sê drie van hulle het positief getoets, maar net een is in die hospitaal opgeneem vir verdere mediese behandeling. Die ander is vir geringe simptome behandel.