Huldeblyke stroom in vir wyle Tina Turner

Huldeblyke stroom in na die dood van die legendariese sanger Tina Turner. Die 83-jarige is in haar huis in Switserland oorlede nadat sy lank siek was. In haar huldeblyk het die televisie-aanbieder Oprah Winfrey Turner se moed geloof en gesê haar lewe was ‘n baken vir oorwinning. Die Obamas het haar geloof vir die manier waarop sy met pyn en vreugde die waarheid gepraat en gesing het. Mick Jagger het die ster as uiters talentvol beskryf. Die woordvoerder van die Withuis, Karine Jean-Pierre, sê President Joe Biden het Turner beskryf as ‘n talent wat net een keer in ‘n generasie voorkom.