SA wil nie uitgesluit word by Agoa

Die Suid-Afrikaanse handelsminister Ebrahim Patel sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, is aktief besig om in Washington druk uit te oefen om seker te maak Suid-Afrika word nie van die Wet op Afrika Groei en Geleenthede, oftewel Agoa, uitgesluit nie. Die land geniet voorkeur tot die Amerikaanse mark deur middel van Agoa wat Afrikalande toelaat om sekere van hul produkte tariefvry uit te voer. Diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande het egter onlangs versleg nadat Amerika Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy wapens aan Rusland verskaf. Patel sê Agoa help ook plaaslik om werksgeleenthede te skep.