Afrikadag-vieringe fokus op vrye handelsooreenkoms
President Hage Geingob lewer vandag die hoofrede by die Afrikadag-vieringe by die Parlementstuine in die hoofstad om tien-uur vanoggend. Die tema van vanjaar se Afrikamaand-program is: Deepening the African Union Vision for Unity for Africa through Prosperity, Peace and Modernity for a Better Africa and a Better World. Die dag fokus op die vasteland se ontwikkeling, streeksintegrasie, geleenthede wat deur die vasteland se vrye handelsooreenkoms gebied word, en Afrika se menslike, kulturele en natuurlike skatte. In die buurland sal President Cyril Ramaphosa die hoofrede by die Wieg van die Mensdom in Gauteng lewer.