Australiese oumagrootjie sterf ‘n week na skokstok-voorval

‘n Oumagrootjie is dood ‘n week nadat ‘n 33-jarige Australiese polisiebeampte haar by ‘n ouetehuis met ‘n skokstok buite aksie gestel het. Die 95-jarige Clare Nowland is met ‘n elektroniese skokstok aangerand in ‘n voorval wat Australiërs verstom het. Die polisie is na die ouetehuis in die suide van Nieu-Suid-Wallis ontbied deur personeel wat gesê het daar was ‘n vrou met ‘n mes. Hulle het Nowland beveel om die mes te laat val terwyl sy stadig met haar loopraam in hulle rigting beweeg het. ‘n Senior konstabel is vir haar dood aangekla van roekelose optrede met die doel om ernstige liggaamlike beserings te veroorsaak