DA: Modise se uitslatings oor Lady R onkundig

Die DA veroordeel die stelling deur die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, dat die aard van die vrag wat op die Russiese skip, Lady R, gelaai is, vertroulik is. Parlementslid van die DA, Kobus Marais, sê haar uitlatings tydens die begrotingsdebat weerspieël ‘n vlak van onkunde en minagting van Suid-Afrika se veiligheid en soewereine integriteit. Marais sê die DA eis dat die minister die manifes van die vrag openbaar maak.