Miljoene van Covid-bedrog teruggevind

Die Spesiale Ondersoek-eenheid van Suid-Afrika sê dit kon reeds meer as 71 miljoen Suid-Afrikaanse rand se Ters-fondse wat onregmatig deur besighede en individue tydens die Covid-pandemie geëis is, terugvind. Die fondse is deur middel van die Tydelike Werknemer-verligting-skema aan werkgewers beskikbaar gestel om aan hul werknemers te betaal vir die verlies van inkomste wat hulle tydens die Covid-inperkings gely het. Miljoene rande het egter nooit die regte begunstigdes bereik nie met baie besigheids-eienaars wat die geld in hul sakke gesteek het. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…